Is jou 'fix' dalk 'n lekker stuk sjokolade, of 'n glas wyn, of om 'n vloekwoord te se, of daardie laat aand
programme te kyk, of om net vir iemand te 'MOET' vertel wat jou opinie is? Jy moet besef dat dit 'n probleem is wanneer jy dit skelm wil doen, of wanneer jy dit vir jouself doen....hoe weet mens dit? Wel, vra jouself af: Gaan ek God verheerlik deur my aksies? Gaan wat ek nou wil doen my nader aan God bring? Gaan wat ek nou wil doen enige positiewe bydra tot die samelewing en die mense rondom my maak?
Ephesians 4:32
"In your anger do not sin... do not give the devil a foothold. He who has been stealing must steal no longer,...Do not let unwholesome talk come out of your mouths, but only what is helpful for building others up according to their needs, that it may benefit those who listen...get rid of bitterness, rage and anger, brawling and slanger, along with every form of malice.''
Ons ken God, ons het Hom lief, ons het ons gesinne en vriende lief, maar besef ons regtig altyd, watter hou-vas gewoontes op ons denke en aksies kan het? Is dit 'n gewoonte vir jou om saam sekere pelle goed en hard te 'kuier', of om uit te kyk vir die foute in ander mense se lewens of besluite? Verwag jy sekere standaarde - wat eintlik onbenullig is? Gaan plak jy jou neer voor die rekenaar terwyl jy iets saam jou geliefdes kon doen? Luister jy halfhartig na jou kinders, vriende of geliefdes se gesprekke?
Ons het nie altyd 'n 'DR PHILL' nodig om vir ons te sĂȘ wat om in ons lewens te ondersoek nie. Daarvoor het ons die Woord van God. Lank voor enige psegiater of sielkundige die wereld vertel het om te 'deal met jou issues' en om nie gevoelens te onderdruk met slegte gewoontes nie, het Die Bybel dit aan ons bekend gemaak.
So hier is die challange, vir die volgende 4 weke, gaan jy en ek daaraan werk om meer bewus te raak van ons gewoontes, besluite en aksies! Maak 'n lys van 'n paar goedjies wat jy kan verbeter - fokus op die wat die meeste invloed op jou gemoed en die mense om jou het, en neem die volgende 4 weke om dit te verander.
Dis wetenskaplik bewys dat dit 20-28 dae neem om jou senuwees in jou brein te 're-wire', so die veranderinge wat jy nou maak gaan na 'n maand jou nuwe gewoontes wees! Al wat jy hoef te doen is om daardie slegte gewoonte te vervang met 'n meer betekenisvolle positiewe gewoonte.
Wow! Dankie Here dat ons so geskape is dat ons wel kan verander!
Vader, gee ons asb die krag om hierdie challenge aan te pak, sodat ons deur sal druk en ook so nader aan U beweeg.
Ephesians 5:1-21
Be imitators of GOd,....nor should there be obscenity, foolish talk or coarse joking, which are out of place, but rather thanks giving....Let no one deceive you with empty words...do not be partners with them....Live as children of light and FIND OUT what pleases the Lord. Have nothing to do with the fruitless deeds of the darkness, but rather expose them...everything exposed by the light becomes visible,...this is why it is said:
''Wake up O sleeper,
rise from the dead,
and Christ will shine on you.''
Be very careful,then, how you live - not as unwise but wise - making the most of every oppertunity, because the days are evil. Therefor do not be foolish, but understand what the Lords's will is.
Sterkte vriendinne - julle kan dit doen!!! Ek sal gedurig deur die volgende paar weke stukkie uit die Woord vir julle stuur en voel vry om diedelfde te doen.
Dit sal nice wees as julle jul gevoelens deel deur die proses - goed of sleg....