Sunday, December 6, 2009

Oop gesprek

Goeie more,


Vanoggend wonder of my geloof groot genoeg is. Ek is bekommerd oor my familie, ek is bekommerd oor 'n mense en 'n plek vir wie ek lief is en ek wil hul so graag beskerm. Ek voel so ver, en wens ek kon hul net nader gryp en by my he. Is dit net ek wat anders na dinge kyk? Is die nuus anders hier as in ander plekke?

Hoe hoor ek nou die voeltjies hier tjirp in die tuin.....dis asof hullle my roep en se :'HEY! - Wie dink jy sorg vir ons?', en hier sit ek verlee voor die grootheid van GOD. DIE SKEPPER VAN ALLES. My menslikheid het die beste van my gekry vir 'n oomblik, maar GOD se dis okay, ek het jou lief soos jy is - mens en 'all'.....maar EK is hier, in die nou, met jou, en so ook met almal wat MY ken.

PSALM 18:12-19...
'Out of the brightness of his presence clouds advanced,
with hailstones and bolts of lightening.
The LORD thundered from heaven;
the voice of the MOST HIGH resounded.
He shot his arrows and scattered the enemies,
great bolts of lightnening and routed them.
The valleys of the sea were exposed
and the foundations of the earth lay bare at your rebuke, O LORD,
at the blast of breath from your nostrils.
He reached down and took hold of me, he drew me out of deep waters. 
He rescued me from my powerful enemy, 
from my foes who were to strong for me.
They confronted me in the day of my disaster, 
but the Lord was my support.'

Die teks in rooi het my ge-'touch' HE REACHED OUT AND TOOK HOLD OF ME....God reik uit en red ons uit moeilike situasies - ons hoef nie te skarrel om self reg te kom nie. 39 'He is a shield for all who take refuge in him'. Ek het rustigheid by die Here gevind, want ek en die vir wie ek lief het, het 'common ground' by GOD, waar ons dalk fisies ver is, is ons geestelik naby mekaar.

Tuesday, December 1, 2009

Onse vader

Hoeveel wysheid is daar niein die ONSE VADER nie !!

Ek kannie bid ONSE as ek net vir myself leef nie .

Ek kannie bid VADER as ek nie sykind geword het nie.

Ek kannie bid WAT IN DIE HEMEL ISas ek nog aardgebonde is nie ..

Ek kannie bid LAAT U NAAM GEHEILIG WORDas ek dit ydelik gebruik nie.

Ek kannie bid LAAT U KONINKRYK KOMas ek nie sy Woord uitdra nie.

Ek kannie bid LAAT U WIL GESKIEDas ek altyd my eie sin wil hê nie.

Ek kannie bid om my DAAGLIKSE BROODas ek spandabelrig lewe nie.

Ek kannie bid VERGEEF ONS ONS SKULDEas ek nie berou het nie.

Ek kannie bid SOOS ONS ONS SKULDENAARSVERGEWE en met 'n wrok rondloop nie.

Ek kannie bid AAN U BEHOORT DIE KONINKRYKas ek Jesus nie dien nie

Ek kannie bid EN DIE KRAG as daarnog vrees in my hart is nie.

Ek kannie bid EN DIE HEERLIKHEID asek my lewe regeer nie .

Ek kannie bid TOT IN EWIGHEID asek nie sy koms verwag nie.

Ek kannie sê AMEN as ek nie kinderlik glo nie.

Mariette

Sunday, November 29, 2009

I stand amazed

http://www.youtube.com/watch?v=nkFOtaO8B9c&feature=PlayList&p=650B3BCDCF166ABF&playnext=1&playnext_from=PL&index=12

I stand amazed in the presence
Of Jesus the Nazarene,
And wonder how He could love me,
A sinner, condemned, unclean.

Chorus:
O how marvelous! O how wonderful!
And my song shall ever be:
O how marvelous! O how wonderful!
Is my Savior's love for me!

He took my sins and my sorrows,
He made them His very own;
He bore the burden to Calvary,
And suffered and died alone.

When with the ransomed in glory
His face I at last shall see,
’Twill be my joy through the ages
To sing of His love for me.

Monday, November 23, 2009


Belsuit beter

BESLUIT BETER
Enige besluit het 'n gevolg, maar jy kan vandag leer om beter keuses te maak.
Ons almal het dit al gedoen – ’n simpel besluit geneem wat jou laat voel het jy wil onder jou duvet bly totdat die wêreld hopelik daarvan

vergeet het. Enige besluit het ’n gevolg, maar jy kan vandag leer om beter keuses te maak.

Die probleem lê nie by die alledaagse besluite nie, maar eerder by daardie besluite wat jou laat stres. Hoekom? Want met elke besluit

kom daar groot verantwoordelikheid.
Gun jouself die volgende voordat jy besluit:

1. TYD – jy het al gehoor dat mense sê hulle wil eers ‘slaap daaroor’. Meer tyd sal jou beter perspektief gee omdat jy nie onder druk is om

dadelik te besluit nie. Meer tyd gee jou ook kans om daaroor na te dink en meer navorsing te doen, wat natuurlik lei tot die tweede ding

wat jy jouself moet gun.

2. KENNIS – hoe meer jy weet oor ’n saak, hoe beter kan jy die voordele en nadele van jou opsies opweeg.

3. KALMTE – dit is baie belangrik om nugter te dink voordat jy besluit. Tyd en kennis sal jou kalmer maak voor ’n besluit Bid oor die saak.

Onthou dat die Here in die eerste plek vir jou die keuses gee en ook reeds die uitkoms weet!

3 besluite wat jy nóú moet neem

Om werklik gelukkig te wees met jou lewe en ook met die keuses wat jy maak, is daar ’n paar beginsels wat jy moet onthou

BY DIE WERK is dit noodsaaklik om te onthou dat jy beheer het oor jou persepsies. Jy kies ook hoe jy reageer. Dink aan kritiek in jou

werksopset; jy besluit of jy dit persoonlik gaan opneem en of jy daaruit wil leer. Die geheim hier is om persoonlike dinge by die huis te los

– dit is al hoe jy gelukkig by die werk kan wees. Kies hoe jy jou tyd wil gebruik. As jy nie tyd het om selfoonoproepe te ontvang by die

werk nie, skakel jou foon af. Mense kan mos ’n boodskap los.

BY DIE HUIS moet jy leer om beheer oor jou verhoudings te neem. Dalk was jou man maande laas bietjie romanties. Besluit dan om hom

te bederf eerder as om rond te sit en te wag dat hy inisiatief moet neem. Kinders word gebore met die vermoë om hul ouers om hul pinkies

te draai. Hou op skuldig voel omdat jy nie alles kan doen waarvoor hulle vra nie. Besluit ook om ’n beter luisteraar te wees, dit kan baie

probleme sommer vinnig oplos.

VIR JOUSELF is ek-tyd die beste besluit! Neem beheer oor jou gesondheid en besluit om gereeld vir ondersoeke te gaan of om selfs net

met iemand te gesels oor die dinge wat jou pla. In jou besige dag gryp jy sommer in die verbygaan iets om te eet, jy slaap te min of oefen

te min. Besluit om nie meer gebuk te gaan onder die druk om altyd goed te lyk en in almal om jou se behoeftes te voorsien nie.
Liefde
Corrie

Hillsong - Tear down these walls

http://www.youtube.com/watch?v=3M2-TkMssuU

Full Screen view:
http://www.youtube.com/watch_popup?v=3M2-TkMssuU&pop_ads=null

JESUS IS THE REASON FOR THE SEASON

A letter from Jesus

As you well know, we are getting closer to my birthday.  Every year there is a celebration in my honor and I think that this year the

celebration will be repeated.

During this time there are many people shopping for gifts, there are many radio announcements, TV commercials, and in every part of the

world everyone is talking that my birthday is getting closer and closer.  It is really very nice to know, that at least once a year, some

people
think of me.

As you know, the celebration of my birthday began many years ago. At first people seemed to understand and be thankful of all that I did

for them, but in these times, no one seems to know the reason for the celebration.

Family and friends get together and have a lot of fun, but they don't know the meaning of the celebration. I remember that last year there

was a great feast in my honor. The dinner table was full of delicious foods, pastries, fruits, assorted nuts and chocolates. The decorations

were exquisite and there were many, many beautifully wrapped gifts.

But, do you want to know something? I wasn't invited. I was the guest of honor and they didn't remember to send me an invitation. The

party was for me, but when that great day came, I was left outside, they closed the door in my face .. and I wanted to be with them and

share their  table.

In truth, that didn't surprise me because in the last few years all close their doors to me. Since I wasn't invited, I decided to enter the party

without making any noise. I went in and stood in a
corner.

They were all drinking; there were some who were drunk and telling jokes and laughing at everything. They were having a grand time. To

top it all, this big fat man all dressed in red wearing a long white beard entered the room yelling Ho-Ho-Ho!  He seemed drunk. He sat on

the sofa and all the children ran to him, saying:  "Santa Claus, Santa Claus" as if the party were in his honor!

At midnight all the people began to hug each other; I extended my arms waiting for someone to hug me and do you know no-one hugged

me.

Suddenly they all began to share gifts.  They opened them one by one with great expectation. When all had been opened, I looked to see

if, maybe, there was one for me.  What would you feel if on your birthday everybody shared gifts and you did not get one?

I then understood that I was unwanted at that party and quietly left.

Every year it gets worse.  People only remember the gifts, the parties, to eat and drink, and nobody remembers me.

I would like this Christmas that you allow me to enter into your life.

I would like that you recognize the fact that almost two thousand years ago I came to this world to give my life for you, on the cross, to

save you.

Today, I only want that you believe this with all your heart.

I want to share something with you. As many didn't invite me to their party, I will have my own celebration, a grandiose party that no one

has ever imagined, a spectacular party. I'm still making the final arrangements..

Today I am sending out many invitations and there is an invitation for you.  I want to know if you wish to attend and I will make a

reservation for you and write your name with golden letters in my great guest book.

Only those on the guest list will be invited to the party.

Those who don't answer the invite will be left outside. Be prepared because when all is ready you will be part of my great party.

See you soon. I Love you!

Jesus

Wednesday, November 11, 2009

Juanita Du Plessis - Ons koning kom

http://www.youtube.com/watch_popup?v=VWtsO0IkWJg#t=43

Gelukkigste Jy!

GELUKKIGSTE JY!
Dit is middel November en met  Kersfees om die draai asook ons afsluiting boodskappie vanaand wil ek vir julle ‘n paar gedagtes gee om hierdie feesseisioen ‘n goeie feestyd te geniet, die beste daarvan te maak  sodat jy die GELUKKIGSTE JY kan wees.
God het vir ons soveel gegee binne ons bereik kom ons begin dit gebruik en genit wat Hy ons gegee het tot  Sy eer.
Ons gaan sommer na ‘n paar eenvoudige praktiese goedjies kyk vanaand en begin met ons :
Ons Sintuie

•    Sien die mooi dinge raak: ’n boom vol bloeisels, die groen en rustigheid om ons, die rustige see en selfs daardie mooi skoene in die winkelvenster as jy kan gaan koop dit.
•    Proe die lekkerte van ’n stuk sjokoladekoek saam met jou  vriendin.
•    Geniet die  reuk van jou gunsteling geure soos –  beskuit in die oond, reën en daardie onweerstaanbare naskeermiddel aan jou man se nek.
•    Voel die weelde onder jou vingers  as jy dalk onlangs nuwe lakens gekoop het vat daaraan geniet dit voel dit, daardie toppie van ru-sy wat jy dalk gekoop het en weg bere miskien omdat jou man nog nie mag weet nie haal hom uit trek dit aan en geniet die mooi en kleur, dit is waarom jy dit gekoop het,  as jou kat of hond teen jou skeeur voel dit moenie hom wegjaag geniet en voel sy warm lyfie – Gebruik jou sintuie en geniet enige iets wat lekker is om aan te vat.
•    Luister na musiek sonder om  iets anders te doen.

2dens gebruik - Jou liggaam

•    Gebruik doelbewus jou lyf – gaan stap om die blok, gaan swem, maak gebruik van daardie kanoo wat dalk al ‘n jaar in die garage le en stof opgaar, geniet jou bergfiets, gaan stap in die veld of  selfs net langs die see – Gebruik jou lyf!!!!
•    Kyk na kinders op ’n speelgrond. Alles lyk na pret! Gaan oefen en fokus op een ding: PRET!

3dens stel vir Jou Doelwitte

•    Doen die dinge waarin jy goed is, soos bv om ’n vriendin raad te gee of om iewers te help met ‘n nuwe projek.
•    Ontdek ’n nuwe talent, êrens binne jou skuil daar dalk ’n skrywer, skilder of fotograaf!

4dens Dink terug oor hierdie jaar en vat Jou herinneringe vas

•    Kies om oor niks spyt te wees nie, niks is ooit verniet nie.!!!! Die foute in jou lewe het jou ongetwyfeld iets geleer!
•    Vergewe almal wat jou te na gekom het. Woede en wrokke maak ons net ongelukkig.

5dens  Wees Optimisme

•    Besluit om te glo dat als goed sal uitwerk. Daardie oortrokke rekening of probleem by die werk is net tydelik. Niks moet jou stop om

weer te probeer nie!!!! Wees optimisties, druk jou gesin, jou vriende, gee liefde en maak voorbereindings vir die  mooiste kerstafel ooit – En

vir die van ons wat dink jy kan nie  ----- onthou ons kreatiewe aand volgende week by Trudie.  Pak ‘n projek aan verander jou huis, verf jou

mure – Onthou dit is Kerstyd en ons behoort ‘n lag in ons stap en stem te voel en te hoor

6dens Fokus – Kom ons Fokus
•    Moenie tyd mors op dinge wat jou verveel nie. Die lewe is net te kort!!!!
•    Raak verlore in wat jy op die oomblik doen, – luister musiek en jy vergeet van die slegte dinge wat jou so onder gekry het deur die jaar,

gaan vat ’n lang bad steek kerse aan en  vergeet van die skottelgoed wat nog opgehoop in die wasbak staan, of daardie bondel wasgoed,

‘n vuil kinderkamer – Draai die Fokus van ek is nie lus na ek is lus – voel die lewe.


7.  Waardering vir die natuur

•    Let op die wonder van die natuur, geniet dit as jy nat reen en jou hare krul, vergeet van die haartang wat jy nou net gebruik het om

daardie krullebol reguit te maak.
•    Staan ekstra vroeg op en luister hoe die voëls wakker word.

8. Jou selfwaarde

•    Luister na jou liggaam!!!!!As jou liggaam se ontspan -- ontspan met jou voete in die lug lees ‘n boek en moenie skuldig voel nie
•    Doen iets net vir jouself. As jy hou van verf, verf. As jy hou van lees, lees. As jy hou van sjampanje, drink sjampanje!

Plaas jouself eerste al is dit teen die einde van die jaar!!!! Onthou jy is geregtig op geluk Geluk  -- le nie op die lesing van jou weegskaal

nie, maar veel eerder op hoe lig jy en ek   leef!
En die belangrikste van alles – Die Liefde
•    Doen iets nuut saam met jou man.  Geniet hom, bederf  hom, vryf sy voete, tap badwater in, sit sy klere uit, bederf en  geniet die man

wat die Here vir jou gegee het. Vergewe hom!!!! vir al die nie verstaan van die jaar.
Hou jou kinders vas --- gee liefde oral waar jy gaan en gesels met iemand wat jy lanklaas gesien het, doen moeite met ander.
Mag julle terug dink aan ‘n jaar van diep stap met die Here, se vir Hom dankie, geniet Hom raak stil en voel sy aanraking in hierdie Kers

tyd. Geniet Kersfees met jou gesin en die mense naaste aan jou – En onthou GOD IS LIEFDE !!! Skrif 1 Korinthiers 13
En nou bly geloof, Hoop, Liefde hierdie drie :: Maar dit grootste hiervan is die LIEFDE.

Tot Volgende Jaar
Corrie

Thursday, November 5, 2009

Inspirasie Bronne

Source: www.youtube.com
Be Careful What You Say I (2)

Vriende liefde

As Vriende mekaar nie dra nie,
mekaar se probleme nie verstaan nie,
mekaar moed inpraat nie,
nie vir mekaar bid
of saam kan skaterlag nie,
Dan staan hulle heel alleen.

Hulle moet mekaar raadgee en aan die hand neem.
Mekaar na die Kragbron lei
waar almal garingdrade is . .
Bid vandag vir alle vroue
wat 'n verskil in jou lewe gemaak het
En dankie dat JY 'n verskil maak in my lewe!!!
Ek is lief vir jou

Kyk vandag met nuwe oë na jou ma,
jou dogter, jou suster...
sy is 'n kunswerk, uniek geskape deur ons
Hemelse Vader... almal met 'n spesifieke doel.
Sê dankie, vir al die dinge wat ander vir ons doen
wat ons as vanselfsprekend aanvaar!!!

Dankie vriende,
dat julle my help om my draadjie weer
met was te smeer en sterk te maak!!

Wednesday, November 4, 2009

Upcoming events: Wat maak ons?

Die jaar staan nou vinnig einde se kant toe, en daar is 2 woensdae van bymekaar kom oor voor ons aflsuiting.

11/11/09 - woensdag aand byeenkoms - soos gewoonlik
18/11/09 - kreatiewe aand - voorbereiding vir die kersseisoen
Meer besonderhede sal binnekort beskikbaar wees.......
28/11/09 - afsluiting: cruise en ete
Meer besonderhede sal binnekort beskikbaar wees.......

Welkom

Joel 3:23
''Be glad. O people of Zion, rejoice in the LORD your God,
for He has given you the autumn rains in righteousness.
He sends you abundant showers, both autumn and spring rains, as before.
The threshing floors will be filled with grain:
the vats will overflow with the new wine and oil.''

Baie welkom aan elkeen wat hierdie boodskap lees.

God is groot en goed, en het vir ons 'n wonderlike geleentheid gegee om as vroue, maar meer belangrik, vroue van God te kan deel met wat Hy in ons harte en lewens wakker maak.

Ons vroue gebedsgroep kom elke Woensdag 19hoo bymekaar en is gelee in Howick, Auckland, New Zealand. (ja, kan jul glo dat God ons al die pad van Suid Afrika gebring het, en geseen het met hierdie wonderlike groep mense in 'n nuwe tuiste)

Baie dankie aan elke vroue wat deel vorm van ons ondersteunings-groep. Julle is elkeen special.
Dankie vir die gemak om te kan huil, lag, grap en om net te kan wees wie jy as - 'n not so perfect mens op journey van leer, groei en by God se voete gaan sit.

Vir die 'new-comers' ons bid dat julle die blessings uit hierdie stukkies sal ervaar. God IS getrou, hou vas aan Hom!

Vir meer besonderhede kontak ons asb per e-pos by: vrouevirgod@gmail.com

Weet wat dit vat

Alles is vir ons gereed in God se koninkryk, maar is ons gereed om dit te ontvang? Besef ons regtig wat dit verg om die hemel ons ewige blyplek te maak?
As jy vandag moet sterf en voor God se hemeltroon gaan staan, sal jy voorbereid wees vir Sy belangrikste vraag aan jou? Besef jy dat dit waarskynlik nie sal wees “Ken jy My nie?”, maar dalk “Ken Ek jou?”....... Wat sal jou antwoord wees?

Ons het maniere om rooskleurige prentjies te skep waar daar nie eers plek vir ’n blom is nie. Twee-derdes van ‘Christene’ glo in die bestaan van God, en gaan selfs so nou en dan kerk toe. Maar is dít genoeg????? of verwag die Here méér van ons om werklik Sy kinders genoem te kan word – en die ewigheid saam met Hom te beleef????

DIE SLEGTE NUUS IS …

Dit ís moontlik dat baie van ons die hemelse ewigheid kan mis

DIE GOEIE NUUS IS …

Dat God se genade is onbeskryflik groot is, en dat terwyl jy en ek op aarde is ons die vryheid van keuse om enige tyd – selfs nóú HIER WAAR ONS SIT VANNAAND ons hart oop te maak en Hom in te nooi.


Terwyl ons hier op aarde is, is dit nooit te laat nie; maar ‘eendag’ (of dalk môre), wanneer my en jou tyd op aarde verby is, kán dit te laat wees!!!!!!!!

DIE VRAAG VANAAND ---- Ken ek en jy regtig vir Jesus?

Sal ons iemand toelaat om ons huis en lewe met ons te deel as ons hom/haar nie ken nie?

Die Bybel sê dat Jesus die enigste manier is om by God uit te kom.
“Niemand kom na die Vader behalwe deur My nie” (Johannes 14:6).
En om ‘deur Jesus by God uit te kom’ beteken dat jy en ek ’n verhouding met Hom moet hê. Dis nie genoeg om bloot van Hom te weet nie; ons moet Hom kén !!!!!!!! – net soos wat ons tyd en aandag aan verhoudings en met vriende en familie spandeer.

Moet asseblief nie vanaand skuldig voel as jy nie elke dag tyd opsy sit vir ure bid en Bybel lees nie, dit is wel belangrik om stil te word soos ons verlede week gese het maar jy kan aan jou verhouding met Jesus werk deur Hom deel van jou gedagtes en gesprekke te maak ELKE DAG DEUR DIE DAG!!!! – wat jy ook al doen en waar jy ook al is – weereens bevestiging wat Trudie met ons gedeel het 2 weke gelede – jou verhouding deur die dag!!!

Besef julle die belangrikheid van hierdie boodskap -- Die Here het 2 weke terug met ons hieroor gepraat, verlede week weer en vanaand weer – Hierdie Boodskap 3keer – God se vanaand as jou saak nie reg is nie – MAAK REG!!! GEE JOU HART VIR MY!!!!

Is jy en ek rein van hart?

Méér as wat Hy jou suksesvolle beroep, harde werk, skoon huis of oulike kinders raaksien, sien Hy jou hart raak. Wat is jou motiewe …? Is ons opreg …?

Galasiërs 5:19-21 noem die kenmerke van die vlees – Ons het dit al soveel keer genoem deur die jaar maar is belangrik dat ons vannaad dit weer moet hoor (onsedelikheid, afgodery, toorkuns, haat, rusie, jaloesie, humeurigheid, afguns, moord en dronkenskap) – en sê dat as ons onsself hieraan skuldig maak (dit dus nie bely en vergifnis ontvang nie) ons die koninkryk van God nie sal beërwe nie.

In Openbaring lees ons ook dat niemand wat iets losbandigs en vals doen, ooit in die hemel sal kom nie.

Is ons gehoorsaam?

Om rein en suiwer van hart te wees, beteken om gehoorsaam aan God en aan Sy Woord te wees. Hy kan ons nie seën as ons oneerlik leef en nie Sy Woord respekteer nie. Ons moet die dinge doen wat Hy van ons vra (soos om mekaar te vergewe, mekaar lief te hê, en al die vrugte van die Gees te dra). En wanneer ons versuim om hierdie dinge te doen, moet ons dit bely – en ons lewe verander!

Romeine 8:6-8 beklemtoon die belangrikheid van gehoorsaamheid aan God: Om deur jou eie begeertes beheer te word lei tot die dood, maar deur die dinge te doen wat die Heilige Gees vra, bring lewe en vrede. Boonop kan ons niks vir Hom wegsteek nie – alles lê oop en bloot voor Sy oë en ons sal eendag aan Hom moet rekenskap gee daarvoor.

Het jy Hom bo alles lief?

Hý moet jou eerste prioriteit wees – bo geld, sukses, dinge en mense. Nie een van hierdie dinge behoort belangriker vir jou te wees as God nie. Dit beteken nie dat ons nie ons kinders of mans oneindig lief mag hê of nie mag strewe na ’n mooi huis of beter lewe nie – maar dit moenie die hoofdoel van ons bestaan wees nie. Om Hóm te behaag, moet belangriker wees.
Jy wys dat jy God bo alles liefhet deur Hom eerste te stel in alles wat jy dink, doen en besluit. Vra jouself: Sal God hiermee tevrede wees? Bring dit eer aan Hom? Kan ek dit doen, dink of sê sonder om skuldig voor Hom te voel, of my verhouding met Hom in gedrang te bring? Kan ek Hom saamneem na hierdie plek of na daardie vriende toe? Sal ek gemaklik voel as Hy deel is van hierdie geselskap? Is daar enigiets in my lewe wat ek liewer het as vir Hom? Is ek aan enigiets méér toegewyd as aan Hom?
As jou antwoord “ja” is, het dit dalk tyd geword om jou prioriteite te heroorweeg. Jakobus 4:4 stel dit duidelik: Wie ’n vriend van hierdie wêreld wil wees, word ’n vyand van God.

Glo jy soos ’n kind?

Sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag. En as jy nie voorbereid is as Hy ons kom haal nie, kan jy nie saamgaan hemel toe nie. Om Hom te behaag en voorbereid te wees, gaan hand-aan-hand met al die bogenoemde ‘vereistes’ om die ewigheid met Hom te deel.
Geloof gebeur wanneer ons na God se Woord luister en geloof in aksie beteken om iets te aanvaar soos wat ’n klein kindjie dit sou doen – sonder twyfel, moets of maars. ’n Kindjie aanvaar selfs die dinge wat hy nie kan uitredeneer nie, en dít is hoe Jesus wil hê dat ons Hom, en die werklikheid van Sy hemel, sal aanvaar.

Dink só daaraan: ons tyd hier op aarde is soos ’n oogwink verby!!!!

Alles wat ons dink, doen en sê hier op aarde is ter voorbereiding van waar ons hierdie ewigheid sal deurbring. Jy weet nou wat God vereis van elkeen wat Sy koninkryk met Hom wil deel. Wat jy met hierdie kennis gaan doen, is jóú keuse.

Bevestiging deur die Woord:
Johannes 14 vers 3
EN AS EK GEGAAN HET EN VIR JULLE PLEK BEREI HET KOM EK WEER EN SAL JULLE NA MY TOE NEEM, SODAT JULLE KAN WEES WAAR EK IS
Vers 6

JESUS IS DIE WEG EN DIE WAARHEID EN DIE LEWE, NIEMAND KOM NA DIE VADER BEHALWE DEUR HOM NIE
Vers 18
EK SAL JULLE NIE AS WESE AGTERLAAT NIE – EK KOM WEER NA JULLE TOE – JESUS KOM ONS HAAL IS JY GEREED????????????

Sunday, November 1, 2009

Vind vrede by God...

Onderskeiding om te weet wat jy kan verander en die vrede om te aanvaar wat jy nie kan verander nie