Wednesday, November 11, 2009
Gelukkigste Jy!
GELUKKIGSTE JY!
Dit is middel November en met Kersfees om die draai asook ons afsluiting boodskappie vanaand wil ek vir julle ‘n paar gedagtes gee om hierdie feesseisioen ‘n goeie feestyd te geniet, die beste daarvan te maak sodat jy die GELUKKIGSTE JY kan wees.
God het vir ons soveel gegee binne ons bereik kom ons begin dit gebruik en genit wat Hy ons gegee het tot Sy eer.
Ons gaan sommer na ‘n paar eenvoudige praktiese goedjies kyk vanaand en begin met ons :
Ons Sintuie
• Sien die mooi dinge raak: ’n boom vol bloeisels, die groen en rustigheid om ons, die rustige see en selfs daardie mooi skoene in die winkelvenster as jy kan gaan koop dit.
• Proe die lekkerte van ’n stuk sjokoladekoek saam met jou vriendin.
• Geniet die reuk van jou gunsteling geure soos – beskuit in die oond, reën en daardie onweerstaanbare naskeermiddel aan jou man se nek.
• Voel die weelde onder jou vingers as jy dalk onlangs nuwe lakens gekoop het vat daaraan geniet dit voel dit, daardie toppie van ru-sy wat jy dalk gekoop het en weg bere miskien omdat jou man nog nie mag weet nie haal hom uit trek dit aan en geniet die mooi en kleur, dit is waarom jy dit gekoop het, as jou kat of hond teen jou skeeur voel dit moenie hom wegjaag geniet en voel sy warm lyfie – Gebruik jou sintuie en geniet enige iets wat lekker is om aan te vat.
• Luister na musiek sonder om iets anders te doen.
2dens gebruik - Jou liggaam
• Gebruik doelbewus jou lyf – gaan stap om die blok, gaan swem, maak gebruik van daardie kanoo wat dalk al ‘n jaar in die garage le en stof opgaar, geniet jou bergfiets, gaan stap in die veld of selfs net langs die see – Gebruik jou lyf!!!!
• Kyk na kinders op ’n speelgrond. Alles lyk na pret! Gaan oefen en fokus op een ding: PRET!
3dens stel vir Jou Doelwitte
• Doen die dinge waarin jy goed is, soos bv om ’n vriendin raad te gee of om iewers te help met ‘n nuwe projek.
• Ontdek ’n nuwe talent, êrens binne jou skuil daar dalk ’n skrywer, skilder of fotograaf!
4dens Dink terug oor hierdie jaar en vat Jou herinneringe vas
• Kies om oor niks spyt te wees nie, niks is ooit verniet nie.!!!! Die foute in jou lewe het jou ongetwyfeld iets geleer!
• Vergewe almal wat jou te na gekom het. Woede en wrokke maak ons net ongelukkig.
5dens Wees Optimisme
• Besluit om te glo dat als goed sal uitwerk. Daardie oortrokke rekening of probleem by die werk is net tydelik. Niks moet jou stop om
weer te probeer nie!!!! Wees optimisties, druk jou gesin, jou vriende, gee liefde en maak voorbereindings vir die mooiste kerstafel ooit – En
vir die van ons wat dink jy kan nie ----- onthou ons kreatiewe aand volgende week by Trudie. Pak ‘n projek aan verander jou huis, verf jou
mure – Onthou dit is Kerstyd en ons behoort ‘n lag in ons stap en stem te voel en te hoor
6dens Fokus – Kom ons Fokus
• Moenie tyd mors op dinge wat jou verveel nie. Die lewe is net te kort!!!!
• Raak verlore in wat jy op die oomblik doen, – luister musiek en jy vergeet van die slegte dinge wat jou so onder gekry het deur die jaar,
gaan vat ’n lang bad steek kerse aan en vergeet van die skottelgoed wat nog opgehoop in die wasbak staan, of daardie bondel wasgoed,
‘n vuil kinderkamer – Draai die Fokus van ek is nie lus na ek is lus – voel die lewe.
7. Waardering vir die natuur
• Let op die wonder van die natuur, geniet dit as jy nat reen en jou hare krul, vergeet van die haartang wat jy nou net gebruik het om
daardie krullebol reguit te maak.
• Staan ekstra vroeg op en luister hoe die voëls wakker word.
8. Jou selfwaarde
• Luister na jou liggaam!!!!!As jou liggaam se ontspan -- ontspan met jou voete in die lug lees ‘n boek en moenie skuldig voel nie
• Doen iets net vir jouself. As jy hou van verf, verf. As jy hou van lees, lees. As jy hou van sjampanje, drink sjampanje!
Plaas jouself eerste al is dit teen die einde van die jaar!!!! Onthou jy is geregtig op geluk Geluk -- le nie op die lesing van jou weegskaal
nie, maar veel eerder op hoe lig jy en ek leef!
En die belangrikste van alles – Die Liefde
• Doen iets nuut saam met jou man. Geniet hom, bederf hom, vryf sy voete, tap badwater in, sit sy klere uit, bederf en geniet die man
wat die Here vir jou gegee het. Vergewe hom!!!! vir al die nie verstaan van die jaar.
Hou jou kinders vas --- gee liefde oral waar jy gaan en gesels met iemand wat jy lanklaas gesien het, doen moeite met ander.
Mag julle terug dink aan ‘n jaar van diep stap met die Here, se vir Hom dankie, geniet Hom raak stil en voel sy aanraking in hierdie Kers
tyd. Geniet Kersfees met jou gesin en die mense naaste aan jou – En onthou GOD IS LIEFDE !!! Skrif 1 Korinthiers 13
En nou bly geloof, Hoop, Liefde hierdie drie :: Maar dit grootste hiervan is die LIEFDE.
Tot Volgende Jaar
Corrie

Subscribe to:
Posts (Atom)