Monday, November 23, 2009

Belsuit beter

BESLUIT BETER
Enige besluit het 'n gevolg, maar jy kan vandag leer om beter keuses te maak.
Ons almal het dit al gedoen – ’n simpel besluit geneem wat jou laat voel het jy wil onder jou duvet bly totdat die wêreld hopelik daarvan

vergeet het. Enige besluit het ’n gevolg, maar jy kan vandag leer om beter keuses te maak.

Die probleem lê nie by die alledaagse besluite nie, maar eerder by daardie besluite wat jou laat stres. Hoekom? Want met elke besluit

kom daar groot verantwoordelikheid.
Gun jouself die volgende voordat jy besluit:

1. TYD – jy het al gehoor dat mense sê hulle wil eers ‘slaap daaroor’. Meer tyd sal jou beter perspektief gee omdat jy nie onder druk is om

dadelik te besluit nie. Meer tyd gee jou ook kans om daaroor na te dink en meer navorsing te doen, wat natuurlik lei tot die tweede ding

wat jy jouself moet gun.

2. KENNIS – hoe meer jy weet oor ’n saak, hoe beter kan jy die voordele en nadele van jou opsies opweeg.

3. KALMTE – dit is baie belangrik om nugter te dink voordat jy besluit. Tyd en kennis sal jou kalmer maak voor ’n besluit Bid oor die saak.

Onthou dat die Here in die eerste plek vir jou die keuses gee en ook reeds die uitkoms weet!

3 besluite wat jy nóú moet neem

Om werklik gelukkig te wees met jou lewe en ook met die keuses wat jy maak, is daar ’n paar beginsels wat jy moet onthou

BY DIE WERK is dit noodsaaklik om te onthou dat jy beheer het oor jou persepsies. Jy kies ook hoe jy reageer. Dink aan kritiek in jou

werksopset; jy besluit of jy dit persoonlik gaan opneem en of jy daaruit wil leer. Die geheim hier is om persoonlike dinge by die huis te los

– dit is al hoe jy gelukkig by die werk kan wees. Kies hoe jy jou tyd wil gebruik. As jy nie tyd het om selfoonoproepe te ontvang by die

werk nie, skakel jou foon af. Mense kan mos ’n boodskap los.

BY DIE HUIS moet jy leer om beheer oor jou verhoudings te neem. Dalk was jou man maande laas bietjie romanties. Besluit dan om hom

te bederf eerder as om rond te sit en te wag dat hy inisiatief moet neem. Kinders word gebore met die vermoë om hul ouers om hul pinkies

te draai. Hou op skuldig voel omdat jy nie alles kan doen waarvoor hulle vra nie. Besluit ook om ’n beter luisteraar te wees, dit kan baie

probleme sommer vinnig oplos.

VIR JOUSELF is ek-tyd die beste besluit! Neem beheer oor jou gesondheid en besluit om gereeld vir ondersoeke te gaan of om selfs net

met iemand te gesels oor die dinge wat jou pla. In jou besige dag gryp jy sommer in die verbygaan iets om te eet, jy slaap te min of oefen

te min. Besluit om nie meer gebuk te gaan onder die druk om altyd goed te lyk en in almal om jou se behoeftes te voorsien nie.
Liefde
Corrie

No comments:

Post a Comment