Thursday, November 5, 2009

Vriende liefde

As Vriende mekaar nie dra nie,
mekaar se probleme nie verstaan nie,
mekaar moed inpraat nie,
nie vir mekaar bid
of saam kan skaterlag nie,
Dan staan hulle heel alleen.

Hulle moet mekaar raadgee en aan die hand neem.
Mekaar na die Kragbron lei
waar almal garingdrade is . .
Bid vandag vir alle vroue
wat 'n verskil in jou lewe gemaak het
En dankie dat JY 'n verskil maak in my lewe!!!
Ek is lief vir jou

Kyk vandag met nuwe oë na jou ma,
jou dogter, jou suster...
sy is 'n kunswerk, uniek geskape deur ons
Hemelse Vader... almal met 'n spesifieke doel.
Sê dankie, vir al die dinge wat ander vir ons doen
wat ons as vanselfsprekend aanvaar!!!

Dankie vriende,
dat julle my help om my draadjie weer
met was te smeer en sterk te maak!!

No comments:

Post a Comment