Wednesday, November 4, 2009

Weet wat dit vat

Alles is vir ons gereed in God se koninkryk, maar is ons gereed om dit te ontvang? Besef ons regtig wat dit verg om die hemel ons ewige blyplek te maak?
As jy vandag moet sterf en voor God se hemeltroon gaan staan, sal jy voorbereid wees vir Sy belangrikste vraag aan jou? Besef jy dat dit waarskynlik nie sal wees “Ken jy My nie?”, maar dalk “Ken Ek jou?”....... Wat sal jou antwoord wees?

Ons het maniere om rooskleurige prentjies te skep waar daar nie eers plek vir ’n blom is nie. Twee-derdes van ‘Christene’ glo in die bestaan van God, en gaan selfs so nou en dan kerk toe. Maar is dít genoeg????? of verwag die Here méér van ons om werklik Sy kinders genoem te kan word – en die ewigheid saam met Hom te beleef????

DIE SLEGTE NUUS IS …

Dit ís moontlik dat baie van ons die hemelse ewigheid kan mis

DIE GOEIE NUUS IS …

Dat God se genade is onbeskryflik groot is, en dat terwyl jy en ek op aarde is ons die vryheid van keuse om enige tyd – selfs nóú HIER WAAR ONS SIT VANNAAND ons hart oop te maak en Hom in te nooi.


Terwyl ons hier op aarde is, is dit nooit te laat nie; maar ‘eendag’ (of dalk môre), wanneer my en jou tyd op aarde verby is, kán dit te laat wees!!!!!!!!

DIE VRAAG VANAAND ---- Ken ek en jy regtig vir Jesus?

Sal ons iemand toelaat om ons huis en lewe met ons te deel as ons hom/haar nie ken nie?

Die Bybel sê dat Jesus die enigste manier is om by God uit te kom.
“Niemand kom na die Vader behalwe deur My nie” (Johannes 14:6).
En om ‘deur Jesus by God uit te kom’ beteken dat jy en ek ’n verhouding met Hom moet hê. Dis nie genoeg om bloot van Hom te weet nie; ons moet Hom kén !!!!!!!! – net soos wat ons tyd en aandag aan verhoudings en met vriende en familie spandeer.

Moet asseblief nie vanaand skuldig voel as jy nie elke dag tyd opsy sit vir ure bid en Bybel lees nie, dit is wel belangrik om stil te word soos ons verlede week gese het maar jy kan aan jou verhouding met Jesus werk deur Hom deel van jou gedagtes en gesprekke te maak ELKE DAG DEUR DIE DAG!!!! – wat jy ook al doen en waar jy ook al is – weereens bevestiging wat Trudie met ons gedeel het 2 weke gelede – jou verhouding deur die dag!!!

Besef julle die belangrikheid van hierdie boodskap -- Die Here het 2 weke terug met ons hieroor gepraat, verlede week weer en vanaand weer – Hierdie Boodskap 3keer – God se vanaand as jou saak nie reg is nie – MAAK REG!!! GEE JOU HART VIR MY!!!!

Is jy en ek rein van hart?

Méér as wat Hy jou suksesvolle beroep, harde werk, skoon huis of oulike kinders raaksien, sien Hy jou hart raak. Wat is jou motiewe …? Is ons opreg …?

Galasiërs 5:19-21 noem die kenmerke van die vlees – Ons het dit al soveel keer genoem deur die jaar maar is belangrik dat ons vannaad dit weer moet hoor (onsedelikheid, afgodery, toorkuns, haat, rusie, jaloesie, humeurigheid, afguns, moord en dronkenskap) – en sê dat as ons onsself hieraan skuldig maak (dit dus nie bely en vergifnis ontvang nie) ons die koninkryk van God nie sal beërwe nie.

In Openbaring lees ons ook dat niemand wat iets losbandigs en vals doen, ooit in die hemel sal kom nie.

Is ons gehoorsaam?

Om rein en suiwer van hart te wees, beteken om gehoorsaam aan God en aan Sy Woord te wees. Hy kan ons nie seën as ons oneerlik leef en nie Sy Woord respekteer nie. Ons moet die dinge doen wat Hy van ons vra (soos om mekaar te vergewe, mekaar lief te hê, en al die vrugte van die Gees te dra). En wanneer ons versuim om hierdie dinge te doen, moet ons dit bely – en ons lewe verander!

Romeine 8:6-8 beklemtoon die belangrikheid van gehoorsaamheid aan God: Om deur jou eie begeertes beheer te word lei tot die dood, maar deur die dinge te doen wat die Heilige Gees vra, bring lewe en vrede. Boonop kan ons niks vir Hom wegsteek nie – alles lê oop en bloot voor Sy oë en ons sal eendag aan Hom moet rekenskap gee daarvoor.

Het jy Hom bo alles lief?

Hý moet jou eerste prioriteit wees – bo geld, sukses, dinge en mense. Nie een van hierdie dinge behoort belangriker vir jou te wees as God nie. Dit beteken nie dat ons nie ons kinders of mans oneindig lief mag hê of nie mag strewe na ’n mooi huis of beter lewe nie – maar dit moenie die hoofdoel van ons bestaan wees nie. Om Hóm te behaag, moet belangriker wees.
Jy wys dat jy God bo alles liefhet deur Hom eerste te stel in alles wat jy dink, doen en besluit. Vra jouself: Sal God hiermee tevrede wees? Bring dit eer aan Hom? Kan ek dit doen, dink of sê sonder om skuldig voor Hom te voel, of my verhouding met Hom in gedrang te bring? Kan ek Hom saamneem na hierdie plek of na daardie vriende toe? Sal ek gemaklik voel as Hy deel is van hierdie geselskap? Is daar enigiets in my lewe wat ek liewer het as vir Hom? Is ek aan enigiets méér toegewyd as aan Hom?
As jou antwoord “ja” is, het dit dalk tyd geword om jou prioriteite te heroorweeg. Jakobus 4:4 stel dit duidelik: Wie ’n vriend van hierdie wêreld wil wees, word ’n vyand van God.

Glo jy soos ’n kind?

Sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag. En as jy nie voorbereid is as Hy ons kom haal nie, kan jy nie saamgaan hemel toe nie. Om Hom te behaag en voorbereid te wees, gaan hand-aan-hand met al die bogenoemde ‘vereistes’ om die ewigheid met Hom te deel.
Geloof gebeur wanneer ons na God se Woord luister en geloof in aksie beteken om iets te aanvaar soos wat ’n klein kindjie dit sou doen – sonder twyfel, moets of maars. ’n Kindjie aanvaar selfs die dinge wat hy nie kan uitredeneer nie, en dít is hoe Jesus wil hê dat ons Hom, en die werklikheid van Sy hemel, sal aanvaar.

Dink só daaraan: ons tyd hier op aarde is soos ’n oogwink verby!!!!

Alles wat ons dink, doen en sê hier op aarde is ter voorbereiding van waar ons hierdie ewigheid sal deurbring. Jy weet nou wat God vereis van elkeen wat Sy koninkryk met Hom wil deel. Wat jy met hierdie kennis gaan doen, is jóú keuse.

Bevestiging deur die Woord:
Johannes 14 vers 3
EN AS EK GEGAAN HET EN VIR JULLE PLEK BEREI HET KOM EK WEER EN SAL JULLE NA MY TOE NEEM, SODAT JULLE KAN WEES WAAR EK IS
Vers 6

JESUS IS DIE WEG EN DIE WAARHEID EN DIE LEWE, NIEMAND KOM NA DIE VADER BEHALWE DEUR HOM NIE
Vers 18
EK SAL JULLE NIE AS WESE AGTERLAAT NIE – EK KOM WEER NA JULLE TOE – JESUS KOM ONS HAAL IS JY GEREED????????????

No comments:

Post a Comment